Vier Suid-Afrikaners is onder die honderde toeriste wat hierdie week tydens vloede in Nepal vermis geraak het.
Woensdag se vloede het minstens 95 mense se lewens geëis. Die name van die Suid-Afrikaners is nog nie bekend gemaak nie.
Nepal, op die grens van Tibet, is vroeg Woensdagoggend deur vloede en modderstortings getref. Volgens die land se ministerie van kultuur, toerisme en burgerlike lugvaart word 403 toeriste, wat 341 buitelandse toeriste insluit, steeds vermis. Die gebied wat in die Himalayaberge geleë is, is veral ʼn gewilde bestemming onder toeriste, stappers en bergklimmers.
China steps up rescue, relief efforts after mudslide hits Xizang's Gyironghttps://t.co/ZQYp4q2NIs
— CGTN (@CGTNOfficial) August 26, 2026
Die polisie in Nepal het berig dat die sterftesyfer minstens 95 bereik het, met reddingswerkers wat heeldag deur die modder en slyk na oorlewendes gesoek het.
Volgens Nepal se toerismeraad is Amerikaners, Indiërs, Maleisiërs, Britte, ʼn Australiër en minstens 62 Nepalese burgers ook onder die vermiste mense.
Die oorsaak van die oorstromings is nog nie duidelik nie. Volgens Shishir Khanal, Nepal se minister van buitelandse sake, kon ʼn aardbewing moontlik ʼn grondverskuiwing veroorsaak het, wat op sy beurt ʼn rivier versper en water stroomaf gedwing het.
Die Duitse navorsingsentrum vir geowetenskappe het gesê ʼn aardbewing wat 4,4 op die Richterskaal gemeet het, het sewe minute voor die eerste beeldmateriaal van vlugtende mense opgeduik.
Die nasionale owerheid vir ramprisikovermindering en -bestuur het satellietdata van Planet Labs ontleed en gesê ʼn moontlike grondverskuiwing van sneeu en rotse op die grens tussen Nepal en China kon moontlik tot die oorstromings aanleiding gegee het.
Beelde wat deur die Nepalese polisie gedeel is, wys vloedwater wat deur ʼn rivier stroom en huise verswelg.
Nepal se weermag het deur die loop van die dag 114 mense uit die Rasuwa-distrik, een van die gebiede wat die ergste geraak is, gered. Inwoners wat naby die Lhende Khola-rivieroewer woon, is gevra om te ontruim, omdat daar gevrees word vir verdere oorstromings.
Hierdie rivier vloei deur Nepal én Tibet.
Die Chinese staatsbeheerde nuusagentskap CCTV het Woensdag berig dat “’n modderstortingramp aan die Nepalese kant tot groot ongevalle en vermiste persone by die Gyirong-hawe in Tibet gelei het.”
एकअर्कालाई सहयोग गरौं।
अफवाहमा विश्वास नगरौं।#नेपालप्रहरी #ToServeandProtect #nepalpolice #RasuwaFlood pic.twitter.com/aA68NX4Rzq— Nepal Police (@NepalPoliceHQ) August 26, 2026
Sentinel — Human
This text reads like a composite of factual reporting compiled from multiple, distinct sources typical of emergency coverage, indicating human journalistic compilation rather than seamless machine generation.
