As jou onderlaag teen die einde van die dag verdwyn het of dof begin lyk, is jy beslis nie alleen nie.
Hoewel die gehalte van die produk ʼn groot rol speel, is dit nie altyd noodwendig net die onderlaag self nie.
Goeie resultate begin dikwels by die voorbereiding van jou vel, die formule van die produk wat jy gebruik, asook die wyse en volgorde waarin jy produkte saam aanwend.
Annelize Campher, ʼn professionele grimeerkunstenaar wat onder meer seker maak die aanbieders van Die GROOT Ontbyt lyk elke dag op hul beste, deel in dié #VoorkomsVrydag-reeks ʼn paar slim, eenvoudige stappe met Maroela Media-lesers om jou onderlaag langer te laat hou.
Kyk hier na die video:
Sentinel — Human
This text displays typical human-driven social media or lifestyle content structure, characterized by personal advice and contextual references, indicating a high probability of human authorship.
