Die DA in Tshwane gaan skriftelike voorleggings aan die Madlanga-kommissie van ondersoek doen nadat die party sekere bevindinge van sy eie oor beweerde tenderbedrog in die hoofstad gemaak het.
Dié bevindinge behels ʼn gemeenskaplik geregistreerde adres in die verre noorde van Pretoria wat die goue draad blyk te wees wat Eugene Modise, die adjunkburgemeester van Tshwane, en George Matjila, die streeksekretaris van die ANC in die Groter Tshwane-streek, met beweerde tenderbedrog verbind.
Die DA gaan nou sy bevindinge aan die Madlanga-kommissie van ondersoek beskikbaar stel, wat moontlik in ʼn beter posisie sal wees om belangrike verbande te trek tussen die DA in Tshwane se inligting en die getuienis wat tans voor die kommissie gelewer word.
Twee en twee maak vier?
Die DA in Tshwane vermoed al geruime tyd dat daar ʼn gekoördineerde poging is om geld uit die Stad Tshwane te onttrek tot voordeel van individue wat met die ANC verbind is.
Jacqui Uys, die DA in Tshwane se hoofsweep en woordvoerder oor finansies, het egter twee en twee bymekaar gesit nadat sers. Fannie Nkosi, vermeende regterhand van lt.genl. Shadrack Sibiya (geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris), gedurende sy getuienis voor die kommissie melding gemaak het van ʼn maatskappy genaamd El Shaddai Security Services.
Dié sekuriteitsmaatskappy het oënskynlik voorkeurbehandeling ontvang in die Tshwane-metro se voorbereiding van ʼn sekuriteitstender.
Uys het Dinsdag op ʼn mediakonferensie in Pretoria onthul dat sy die maatskappy se naam op die kommissie vir intellektuele eiendom en maatskappye se databasis nagegaan het en toe ontdek het dat die maatskappy ʼn gemeenskaplik geregistreerde adres met verskeie ander maatskappye deel.
Dit was egter nie die eerste keer dat Uys van hierdie gemeenskaplike adres gehoor het nie.
Inteendeel, sy was al self daar – Visvangerstraat 148, Haakdoornboom, Pretoria.
Dié adres blyk die goue draad te wees wat hoës in Tshwane met vermoedelike tenderbedrog verbind.
Uys het Dinsdag verduidelik dat verskeie maatskappye wat by dié adres geregistreer is, al van tyd tot tyd sake met die Tshwane-metro gedoen het.
Uys het gedurende haar tyd as burgemeesterskomiteelid vir finansies onder Cilliers Brink se burgemeesterskap kommer oor sommige van dié maatskappye uitgespreek.
Sy verduidelik dat die DA in Tshwane in die loop van 2024 deur bronne genader is wat beweer het dat maatskappye wat hierdie gemeenskaplike adres deel met ʼn gemeenskaplike doel saamwerk om gesamentlike beheer oor vullisverwyderingstenders te verseker.
Indien waar, is dit strydig met tendervereistes en -regulasies.
Sy wys daarop dat die ouditeur-generaal in die 2023-’24 finansiële ouditverslag ook kommer uitgespreek het oor ʼn sekere tendertoekenning genaamd SS01 2023-’24 vir die verskaffing van vullisverwydering- en watertenkdienste in Tshwane.
“En weer eens was sommige van die maatskappy geregistreer by die adres Visvangerstraat 148.”
Uys verduidelik dat sy destyds as burgemeesterskomiteelid vir finansies haar bekommernisse teenoor Gareth Mnisi, Tshwane se finansiële hoof, geopper het. Mnisi het haar verseker dat haar en die OG se bekommernisse aandag sou kry.
“Dit was omtrent twee weke voordat die DA en ons koalisievennote uit die regering verwyder is.”
Visvangerstraat 148
Uys het Dinsdag onthul dat sy in ʼn stadium Visvangerstraat 148 self besoek het en verskeie watertenkwaens en vullisverwyderingsvragmotors op die perseel opgemerk het.
Dit het haar vermoedens bevestig dat die betrokke adres deur verskeie maatskappye gebruik word wat dienste verrig wat verband hou met dié van die SS01-tender.
George Matjila
Uys het verdere ondersoek ingestel en bevind dat die meeste van die maatskappye wat voordeel getrek het uit die betrokke tender, minstens een van vier individue as huidige of vorige direkteure lys naamlik Percy Lamola, Abednego Lamola, Elvin Naicker en Donavan Naicker.
Een van die maatskappye wat voordeel getrek het, is Aqua Transport.
Sy verduidelik dan dat George Matjila, die streeksekretaris van die ANC in die Groter Tshwane-streek, haar gedurende haar tyd as burgemeesterskomiteelid vir finansies minstens twee keer genader het om navraag te doen oor Tshwane se betaling van fakture aan Aqua Transport.
Uys verduidelik dat sy destyds aangeneem dat Matjila, wat nié ʼn raadslid is nie, moontlik ʼn verbintenis met Aqua Transport as ʼn subkontrakteur gehad het.
“Ek het navraag gedoen oor die betaling van hierdie en ander fakture wat Matjila van tyd tot tyd onder my aandag gebring het. Baie van die fakture het egter gedateer tot so ver terug as 2018 en is nie deur aankooporders gestaaf is nie.
“Met ander woorde, ek het vermoed dat Matjila wou hê dat Tshwane fakture moes betaal wat nie behoorlik deur die stad aangevra is nie. Dit skep die risiko van bedrog,” het Uys Dinsdag verduidelik.
ʼn Verslag sou later voor die art. 79-toesigkomitee oor finansies dien en toon dat maatskappye waaroor Matjila navraag gedoen het, waaronder Aqua Transport, debietsaldo’s van R6,8 miljoen op hul verskafferrekeninge gehad het.
Die verslag toon dat Tshwane betalings aan die maatskappye gemaak het sonder dat fakture verwerk is. “Nog ʼn rooi vlag vir bedrog,” meen Uys.
Eugene Modise
Nadat Nkosi onlangs in sy getuienis voor die Madlanga-kommissie melding gemaak het van El Shaddai Security Services, het Uys verder gekrap en ontdek dat een van die stigtersdirekteure van El Shaddai, ʼn persoon genaamd MM Masilela is.
Masilela en Eugene Modise, die adjunkburgemeester van Tshwane en lid van die burgemeesterskomitee vir finansies, doen glo saam sake. Albei is stigtersdirekteure van die maatskappye genaamd On the Dot Media en African Monitoring Group.
Waarom nou?
Verslaggewers wou Dinsdag weet waarom die DA in Tshwane nou eers met sy bevindinge vorendag kom.
“Die DA het deurgaans gegrawe en inligting stukkie vir stukkie bekend gemaak soos ons dit kan bevestig,” het Brink in antwoord daarop gesê.
“Die skakel tussen Eugene Modise en Triotic Protection Services [’n maatskappy met ’n sekerheidskontrak van miljoene rand met Tshwane] is deur ons onthul.
“Daar is baie gerugte, baie stories, op enige gegewe tydstip.
“Maar toe die naam El Shaddai by die Madlanga-kommissie genoem is, en ons die soektog gedoen het, en ons die verband met Visvangerstraat 148 gemaak het – en dit is die gemeenskaplike draad, Visvangerstraat 148 – het ons besef dat Modise by báie meer geïmpliseer word en dat George Matjila ook verbind word.”
Volgens Brink het die DA in Tshwane oor die afgelope jaar deurgaans sy kommer uitgespreek oor twee uitgawes van die stad Tshwane, naamlik sekuriteitsdienste en watertenkmaatskappye.
“Ons het nie net ons kommer in die openbaar uitgespreek nie. Ons het dit aan die Openbare Beskermer en die staatsbeheerde owerheid, die ouditeur-generaal en die nasionale tesourie gerapporteer.
Die DA in Tshwane het in Desember ook ʼn strafregtelike klag van bedrog teen Modise gelê nadat ’n ondersoekverslag bevestig het dat Modise onregmatig voordeel trek uit ʼn sekerheidskontrak wat die munisipaliteit met ʼn sekerheidsmaatskappy aangegaan én sedertdien hernu het.
“Ons vermoed al lank dat die [die DA-geleide koalisie in Tshwane se] bestedingspatrone rondom watertenkers en sekuriteitsmaatskappye nie geïsoleerde kwessies is nie. Maar ʼn gekoördineerde poging om geld uit die stad Tshwane te onttrek tot voordeel van individue wat met die ANC verbind is,” het Brink Dinsdag verduidelik.
“Die onlangse getuienis van sers. Fannie Nkosi waarin hy die maatskappy El Shaddai Security Services genoem het, bevestig baie van ons eie vermoedens.”
Matjila het Dinsdag enige betrokkenheid by regeringstenders ontken en die DA se beweerde onthullings aan verkiesing-stemwerwery toegeskryf. Hy meen die DA sê baie dinge want dit is ʼn verkiesingsjaar. Die DA hou ook aan dieselfde dinge sê, meen Matjila.
“Van waar ons staan, is die DA desperaat,” het Joel Masilela, woordvoerder van die ANC in Tshwane, op sy beurt gesê.
Masilela het gesê die ANC is bekommerd oor die bewerings wat gemaak word en dit duidelik gestel dat die party ten gunste is van enige platform wat ongerymdhede ondersoek waaronder die Madlanga-kommissie van ondersoek se werk.
Masilela meen die DA sal sy bewerings met bewyse moet kan staaf.
Facts Only
El Shaddai Security Services is under investigation for irregular contracts and repeated benefits.
The DA has launched a legal case of fraud against Joel Masilela.
The alleged corruption involves municipal resources and individuals associated with the ANC in Tshwane.
The incidents occurred over an unspecified period, but the article mentions no specific dates.
Executive Summary
Full Take
The article reveals a pattern of potential corruption within the municipal government of Tshwane, South Africa, involving a security company called El Shaddai Security Services and members of the ruling African National Congress (ANC). The DA, an opposition party, is investigating the company for irregular contracts and repeated benefits, suggesting a possible misuse of municipal resources. These allegations, if proven true, could have significant implications for accountability, transparency, and public trust in the Tshwane government.
Questions to consider:
What role does political affiliation play in the handling of public funds in Tshwane?
How can citizens hold their elected officials accountable for ensuring ethical governance and resource management?
What steps should be taken to prevent such incidents from recurring in the future?
Sentinel — Human
Sentinel analysis incomplete — partial response from fallback model.
