Die huidige All Black-toer kan die rigtingaanwyser vir die Springbokke se welslae in aanstaande jaar se Wêreldbekertoenooi in Australië wees.
Dit het gevolg nadat die Springbokke se leemtes Saterdagaand op Ellispark binne 30 minute in die tweede helfte oopgevlek is.
Die All Blacks het die eerste van vier toetse met 33–16 gewen en daar sal nou diep gedelf moet word om die reeks te red.
Die Springbokke gee ewe skielik nie meer die toon in wêreldrugby aan nie, want hulle het hul eerste plek op die wêreldranglys aan die All Blacks afgestaan.
Die All Blacks se wen-punteverskil van 17 punte het aan hulle 1,75 ranglyspunte besorg, terwyl die Springbokke met 1,75 punte geboet het.
Die All Blacks het nou 94,03 punte en die Bokke het tot 92,21 punte afgeskuif. Ierland is derde met 86,08 punte, gevolg deur Frankryk (87,53), Engeland (85,58) en Skotland (84,78).
Die Springbokke was rustyd met 13–12 voor, maar hulle het toe onverwags 21 punte afgestaan en kon net met ʼn enkele strafdoel deur Cheslin Kolbe antwoord.
Die All Blacks het vyf drieë teenoor een gedruk en dit was hul grootste oorwinning nóg oor die Springbokke op Ellispark.
Een van die grootste raaisels is waarom die Springbokke in die laaste 30 minute op die Hoëveld uitgesak het.
Nadat die Springbokke die All Blacks in die eerste helfte in die skrums opgefrommel het en vyf strafskoppe afgedwing het, is Ox Nche (45ste minuut) en Wilco Louw (60ste minuut) as stutte vervang.
Dit was sekerlik die afrigter Rassie Erasmus se plan om Nche en Louw in die tweede helfte te vervang, maar daar word gevra waarom die stutte vervang is toe die Bokke in beheer was.
Ook word daar kop geskud oor die rede waarom die baljagterflank, Paul se Villiers, in die 61ste minuut deur Marco van Staden vervang is.
De Villiers het in daardie stadium 12 duikslae uitgevoer, die meeste van albei spanne.
Die Springbokke se wedstrydplan was ongetwyfeld erg beduiwel toe Kurt-Lee Arendse reeds in die negende minuut deur André Esterhuizen vervang is, nadat hy nie sy harsingskuddingtoets kon slaag nie.
Erasmus se planne was in ʼn harwar, want hy moes twee sterk baldraende senters (Damian de Allende en Esterhuizen) langs mekaar inspan en vir Jessie Kriel, die groot organiseerder agterlangs, vleuel toe skuif.
Was dit nie dalk ʼn fout om nóg ʼn veelsydige agterspeler op die bank in te sluit nie?
Aan die ander kant, Erasmus sou nooit kon voorsien dat Arendse só vroeg beseer word en dat Kolbe ook die veld in die 57ste minuut sou verlaat nie.
Advantage NZ after the first Test in #RugbysGreatestRivalry. Well played @AllBlacks, see you next week in Cape Town ????
Match report: https://t.co/fUr8qDtRlp #Springboks #ForeverGreenForeverGold pic.twitter.com/NP36yjEXjP
— Springboks (@Springboks) August 22, 2026
Ook is dit nie Erasmus se skuld dat die Springbokke ʼn rits hanteerfoute begaan het, met 21 duikslae misluk het en 23 keer besit afgestaan het nie.
Kan die Springbokke terugveg en die reeks beklink?
Beslis ja, want gaan blaai maar terug na 1970 en 1976 toe die Springbokke albei reekse met 3–1 beklink het.
Nadat die Springbokke albei eerste toetse onderskeidelik met 17–6 en 16–7 gewen het, het die All Blacks teruggeveg en die tweede toetse met 9–8 en 9–5 beklink.
Die Springbok-keurders het in 1970 die langer Lofty Nel vir die laaste twee toetse in die plek van Albie Bates opgekommandeer.
In 1975 is Transvaal se ysterman, Johan Strauss (vaskopstut), en Piston van Wyk (haker) vir die laaste twee toetse in die plekke van Derek van den Berg (vaskopstut) en Robert Cockrell (haker) gekies.
Die Springbokke het die All Blacks in die derde en vierde toets oorheers en albei reekse met 3–1 gewen.
Hou maar dop, Erasmus gaan allig dieselfde taktiek volg en hopelik kan die Springbokspan die grondslag vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi lê.
Facts Only
* The All Black team lost 30 minutes into the second half on Saturday at Ellispark.
* The All Blacks won the first of four tests with a score of 33–16.
* The point difference between the teams was 17 points, resulting in a 1.75 ranking point difference favoring the All Blacks.
* The All Blacks have accumulated 94.03 points; the Springboks have 92.21 points.
* Ireland is third with 86.08 points, followed by France (87.53), England (85.58), and Scotland (84.78).
* The Springboks were leading 13–12 before conceding 21 points unexpectedly.
* Ox Nche and Wilco Louw replaced players in the second half.
* Paul de Villiers was replaced by Marco van Staden in the 61st minute.
* Kurt-Lee Arendse was replaced by André Esterhuizen in the ninth minute.
Executive Summary
Full Take
Sentinel — Human
This text functions primarily as an opinionated match report interwoven with deep, speculative analysis of coaching tactics and historical rivalry, strongly suggesting human editorial voice rather than pure synthesis.
