Ivor Swartz, jeugpastoor by die NG-gemeente in Oosterlig, Pretoria, sê in sy Paasfees-oordenking dat die kruisdood van Jesus eintlik die sterkste uitbeelding is van die spreekwoord “wie laaste lag, lag die lekkerste”.
“Ek bedoel dit natuurlik met groot respek en in die goeie sin van die woord. Markus vertel in sy evangelie vir ons hoe dat daar bokant Jesus se kop aan die kruis ʼn bordjie met ‘Konin...
