Panyaza Lesufi is nié ten gunste van die DA se verkiesingsmanifes nie.
Lesufi, premier van Gauteng en sameroeper van die ANC in die provinsie, het Sondag met die bekendstelling van sy party se manifes na die DA sʼn gekap.
“Terwyl ons vandag hierdie manifes bekend stel, moet ons een politieke party verwerp wat verlede week hul manifes bekend gestel het,” het Lesufi aan duisende ANC-ondersteuners in Diepsloot, Johannesburg, gesê.
“Hulle sê hulle wil plaaslike dienste privatiseer en dit aan private maatskappye gee. Ons sê: Nee!
“Daar is geen manier dat wanneer jy ʼn ambulans nodig het, jy eers gevra moet word of jy geld het nie. Ambulanse moet gratis wees. Klinieke moet gratis wees. Water moet gratis wees. Toegang tot dienste moet gratis wees. En niemand moet hulle privatiseer nie.
“Dit is slegs die ANC wat daardie belofte kan nakom. Ons moenie toelaat dat enigiemand probeer om dienste te privatiseer nie,” het Lesufi vanaf die verhoog aangevoer.
Maroela Media het vroeër berig die DA voer in sy manifes aan dat mag van die nasionale regering na munisipaliteite afgewentel moet word om inwoners beter te kan bedien.
Die party wil spesifiek hê dat daar meer mag van die nasionale regering na munisipaliteite verskuif word wat polisiëring en elektrisiteitsverkryging betref.
Die DA se manifes fokus ook sterk op samewerking tussen die staat en die private sektor.
“Ons verwerp daardie manifes,” het Lesufi Sondag in Diepsloot gesê.
Facts Only
* Panyaza Lesufi is Premier van Gauteng en sameroeper van die ANC in die provinsie.
* Lesufi het die manifest van die DA op Sondag bekendgestel.
* Lesufi het aangevoer dat die DA hul manifest verwerp.
* Die DA se manifest voer in dat mag van die nasionale regering na munisipaliteite afgewentel moet word vir beter inwonersdienste, spesifiek met betrekking tot polisiëring en elektrisiteitsverkryging.
* Die DA se manifest fokus op samewerking tussen die staat en die private sektor.
* Lesufi het aangevoer dat dienste soos ambulansdienste, klinieke en water gratis moet wees en nie geprivatiseer mag word nie.
Executive Summary
Full Take
Sentinel — Human
The text appears to be an account or transcription of a direct political statement, exhibiting the characteristic cadence and immediate conflict typical of human political discourse.
