Die dood van 21 jong mense in Junie 2022 by ʼn taverne in KuGumpo (Oos-Londen) was die gevolg van growwe nalatigheid van die taverne se eienaars en sy uitsmyter, ʼn polisiebeampte en ʼn senior inspekteur van die Oos-Kaapse Drankraad.
Landdros Mvuselelo Malindi het Vrydag in sy uitspraak van die geregtelike doodsondersoek wat ná die voorval gehou is, gesê daar is prima facie-bewyse vir strafregtelike vervolging teen die Enyobeni-taverne se eienaars, Siyakhangela en Vuyokazi Ndevu, hul uitsmyter Thembisa Diko, polisiesersant Tabisa Kondile, en Zuko Lizani, senior inspekteur by die Oos-Kaapse Drankraad.
Die geregtelike doodsondersoek na die dood van 21 jong mense, waarvan die meeste tieners was, is op versoek van die Oos-Kaapse direkteur van openbare vervolging gehou nadat aanvanklike ondersoeke nie genoeg bewyse opgelewer het wat op strafregtelike aanspreeklikheid deur enigiemand gedui het nie.
Nadat die getuienis van meer as 20 getuies aangehoor is, het Malindi egter beslis dat die sterftes veroorsaak is deur growwe nalatigheid aan die kant van die vyf persone.
Volgens Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het die hof gehoor dat die oorsaak van die jong mense se dood versmoring en beserings was weens die stormloop by die taverne.
“Getuies, insluitend klante wat die betrokke aand in die Enyobeni-taverne was, het vertel van uiterste oorbevolking, hitte en ʼn gestotery binne die taverne.”
Malindi het bevind Vuyokazi Ndevu se verweer dat sy nie teenwoordig was tydens die voorval nie, kan ingevolge die Oos-Kaapse Drankwet nie aanvaar word nie.
“Die hof het verder bevind dat haar man, wat die bestuurder was, daarin misluk het om die tragedie te voorkom nadat hy deur die uitsmyter meegedeel is dat sy deur die oproerige skare jong mense by die ingang oorval is.
“Hy kon die hoofingang toegemaak het, gelas het dat die musiek afgeskakel word of selfs die polisie gebel het, maar al wat hy geprioritiseer het, was die verkoop van drank,” het Malindi gesê, voordat hy dieselfde teen Diko bevind het, wat die hoofingang onbewaak gelaat het toe sy deur die jong klante oorval is.
Die geregtelike doodsondersoek het bevind dat beide die polisiesersant en senior inspekteur versuim het om nakoming by die Enyobeni-taverne af te dwing nadat hulle talle klagtes van oortredings ontvang het.
Malindi het gelas dat die rekord van die geregtelike doodsondersoek by die direkteur van openbare vervolging ingedien moet word om te besluit oor strafregtelike vervolging.
Facts Only
* Twenty-one young men died in June 2022 at a tavern in KuGumpo, Eastern London.
* The deaths were attributed to gross negligence by the tavern owners and their staff.
* Landdros Mvuselelo Malindi found prima facie evidence for criminal prosecution against the tavern owners, driver, police officer, and senior inspector of the Eastern Cape Liquor Board.
* A legal inquest was held following the deaths.
* Testimony indicated that the deaths were caused by suffocation and injuries due to overcrowding, heat, and disorder inside the tavern.
* The court found the manager failed to prevent the tragedy when informed about the youths being pushed in, prioritizing drink sales over safety measures.
* Both the police officer and the senior inspector failed to enforce compliance at the tavern despite receiving complaints.
* The court ruled that the defense of absence by Vuyokazi Ndevu could not be accepted under the Eastern Cape Liquor Act.
Executive Summary
Full Take
Sentinel — Human
This text appears to be a factual report based on a specific judicial inquiry regarding a tragic event, characterized by direct presentation of findings and testimony.
