Skriflesing: Markus 15:1-20 (AFR83)
“Hulle het Hom herhaaldelik met ʼn stok oor die kop geslaan en op Hom gespoeg en hulle knieë gebuig asof hulle aan Hom eer wou bewys. Nadat hulle Hom klaar bespot het… het hulle Hom weggelei om Hom te kruisig.” (v. 19-20)
Ek kyk nie graag na uitbeeldings van die gebeure rondom die verhoor, skuldigbevinding, mishandeling en uiteindelike kruisiging van Jesus van Nasaret nie. Dit is grafies, wreed, ontstellend en diep onregverdig. Dit is ongehoord, onbetaamlik en skreiend; dit ontstel my tot in my diepste wese en ek staan verleë voor die rou wreedheid van mense. Hoe is dit moontlik dat mense hulle so kan vergryp? Jesus is immers volledig mens. Wat die soldate en die amptenare betref, het hulle Sy gesag en Goddelikheid nie erken nie. In hulle oë was dit bloot ʼn mens wat aan hierdie onmenslike behandeling onderwerp is, en tog het hulle geen grens geken in hul gewelddadigheid nie.
Hierdie temas van geweld en godsdiens is vandag nog net so aktueel en omstrede. Ek lees juis onlangs van ʼn gebeurtenis by die Pentagon op 25 Maart, waar die Amerikaanse minister van verdediging, Pete Hegseth, tydens ʼn Christelike erediens ʼn gebed gelei het wat wêreldwyd reaksie ontlok het. Hy het gebid dat “elke rondte sy teiken tref” en dat Amerikaanse koeëls die vyande van hul nasie sou vind. Hy het gevra dat troepe geseën word met “oorweldigende geweld van optrede teen diegene wat geen genade verdien nie”.
In skerp kontras hiermee het Pous Franciskus onlangs gereageer deur sy standpunt teen die vermenging van godsdiens en oorlogvoering te herhaal. Sy kommentaar word wyd gesien as ʼn direkte teregwysing van hierdie soort retoriek. Die pous het dit onomwonde gestel dat God se Naam nooit gebruik mag word om geweld te regverdig nie en dat dit selfs as godslasterlik beskou kan word om God te vra om wapens of geweld te seën.
Ek wil nie die komplekse saak van geweld of die Midde-Oosterse konflik oorvereenvoudig nie, maar ek wil dit duidelik stel: geweld en vrede is myle van mekaar verwyder. Geweld kom ook in verskillende gedaantes voor. Die wyse waarop die minderbevoorregtes in ons samelewing verder ontmagtig word deur gewetenslose uitbuiting, bedrog, korrupsie en die vermorsing van geld deur diegene wat die verantwoordelikheid het om te dien, is niks anders as geweld nie. Dit is ʼn stil, maar vernietigende vorm van aggressie wat mense van hul waardigheid stroop.
Dit dwing ons om ook na ons eie kring te kyk. Hoe lyk ons menseverhoudings? Waar staan ons as individue, mense wat daarop roem dat ons Christene is, in ons interpersoonlike verhoudings, veral teenoor diegene wat sonder bedingingsmag is? Die gebeure rondom die kruis van Christus vra vandag nog indringende vrae van ons, en ons skuld die wêreld, en onsself, eerlike antwoorde.
- Wil jy meer weet oor die ToekomsVenster-projek? Stuur ʼn e-pos aan ds. Jannie Pelser by [email protected] vir nog inligting.
Teken in op hierdie podsendingreeks met:
Facts Only
Event: Easter service at the Pentagon
Speaker: Pete Hegseth (American minister of defense)
Prayer topic: Warfare prayers for American troops
Response: Global reaction, Pope Francis' stand against conflation of religion and warfare
Article focus: Conflation of religion and violence, controversy surrounding the prayer
Mentioned: ToekomsVenster project but no details provided
Executive Summary
Full Take
The article showcases an instance of the controversial intersection between religious beliefs and warfare, as demonstrated by a prayer during an Easter service at the Pentagon. The prayer, led by American Minister of Defense Pete Hegseth, asked for "every round to hit its target" against America's enemies and invoked the image of American troops as a spear piercing hearts. Pope Francis responded by reiterating his stance against such conflation, emphasizing that God's name should not be used to justify violence, which was seen as a direct counterpoint to Hegseth's prayer. This incident sheds light on the ongoing debate surrounding religion and warfare while also raising questions about the use of religious imagery in political contexts and its potential consequences.
Patterns detected: ARC-0024 Ambiguity (the article does not explicitly state whether Hegseth's prayer was considered godless by a broader audience or just Pope Francis), ARC-0035 Emotional Exploitation (fear appeals, moral panic due to the controversial nature of the prayer)
Sentinel — Human
This text shows signs of human authorship, with irregular sentence length variation and a personal, idiosyncratic writing style that includes vivid emotional language, questions posed to the reader, and a call to action for further information.
