Die room van die Afrikaanse fliekbedryf word binnekort vereer vir hul bydrae tot die kykspyskaart van kykNET se jaarlikse Silwerskermfees in Kampsbaai.
Onder die 10 kortflieks is dit Twee persent met sy ouwêreldse sjarme, die intieme drama Genoeg en Wag ʼn bietjie met ʼn goeie skeut donker humor wat voorloop met onderskeidelik ses, vyf en vier benoemings. Onder die vyf kort dokumentêre prente neem Pappa Kitsch en Die grond onthou die voortou met drie benoemings elk.
Met net drie speelflieks wat in die kompetisie meegeding het, is daar in die meeste kategorieë nie benoemings bekend gemaak nie, met slegs wenners wat aangewys is. In die kategorieë vir die beste akteur en aktrise en beste vroulike byspeler is finaliste aangewys, terwyl dié vir beste manlike byspeler vanjaar wegval.
Die meerderheid van die pryse word Saterdagoggend by ʼn geleentheid in The Bay Hotel in Kampsbaai oorhandig, terwyl die wenners van die kategorieë beste rolprent, beste aktrise en akteur en beste vroulike byspeler Saterdagaand saam met die wenners van die TV-kategorieë by ʼn glansryke galageleentheid in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) aangekondig sal word.
Die benoemdes in die verskeie kategorieë is as volg:
Kortflieks
Beste draaiboek in ʼn kortfliek
(slegs opkomende rolprentmakers kom in aanmerking)
Frances Sholto-Douglas – Change
Michelle le Roux – Twee persent
Peter-John Titus – Verwerking
Roberto Kyle – Genoeg
Beste regie in ʼn kortfliek
(slegs opkomende rolprentmakers kom in aanmerking)
Hennie van Deventer – Short Back & Sides
Michelle le Roux en Heinrich Laubscher – Twee persent
Roberto Kyle – Genoeg
Beste kortfliek deur ʼn opkomende fliekmaker
Genoeg
Twee persent
Verwerking
Beste kortfliek deur ʼn gevestigde fliekmaker
’n Poppy op die heuwel
Wag ʼn bietjie
Beste akteur in ʼn kortfliek
(alle akteurs kom in aanmerking)
Albert Pretorius – Twee persent
Ayden Croy – Genoeg
Danny Ross – Wag ʼn bietjie
Zane Meas – Genoeg
Beste aktrise in ʼn kortfliek
(alle aktrises kom in aanmerking)
Anoecha Krüger – As ek kon kies
Beáta Bena – As ek kon kies
Cintaine Schutte – Trilstraat
Lauren Joseph – ʼn Poppy op die heuwel
Beste kinematografie in ʼn kortfliek
(alle kortflieks kom in aanmerking)
Gray Kotzé – ʼn Poppy op die heuwel
Jason Haji-Joannou – Wag ʼn bietjie
Michael Ellis – Twee persent
Beste redigering in ʼn kortfliek
(alle kortfliek kom in aanmerking)
Canya Cruywagen – Change
Gideon Breytenbach – Wag ʼn bietjie
Heinrich Laubscher – Twee persent
Dokumentêre rolprente
Beste redigering in ʼn kort dokumentêr
Adam Heyns, Juniper Hammond en Luke Housdon – Pappa Kitsch
Anlerie Cilliers – Rooi van aard
Roxanne Dalton – Die grond onthou
Beste regie in ʼn kort dokumentêr
Adam Heyns en Stefanus Nel – Pappa Kitsch
Mia Cilliers – Die grond onthou
Pierre Malan – Die gees agter die spiere
Beste kort dokumentêr
Die gees agter die spiere
Die grond onthou
Pappa Kitsch
Speelfilms
Beste vroulike byspeler in ʼn speelfilm
Dhania Schultz – Landmyn
June van Merch – Al wat ek weet
Nicole Holm – Landmyn
Beste akteur in ʼn speelfilm
Beer Adriaanse – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
Ben Albertyn – Landmyn
Jonan Mouton – Al wat ek weet
Beste aktrise in ʼn speelfilm
Anna-Mart van der Merwe – Landmyn
Carla Smith – Landmyn
Zenobia Kloppers – Al wat ek weet
- Die kykNET Silwerskermtoekennings vir film en televisie word op Sondag 23 Augustus om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
