Die Ekurhuleni-metroraad sit steeds sonder ʼn goedgekeurde 2026-’27-begroting.
Die ANC-geleide koalisie in Ekurhuleni het Donderdag vir die vierde keer ʼn voorgestelde begroting aan die metroraad ter tafel gelê. Ook dié voorgestelde begroting is afgekeur.
Die VF Plus sê die voorgestelde begroting is Donderdag feitlik onveranderd aan die raad voorgelê met ernstige finansiële en regulatoriese vrae wat steeds onbeantwoord bly – vandaar die besluit om weer teen die voorgestelde begroting te stem.
Altesaam 95 raadslede het Donderdag ten gunste van die ANC-geleide koalisie se voorgestelde begroting gestem en 105 daarteen.
Nkosindiphile Xhakaza, die uitvoerende burgemeester van Ekurhuleni, en Jongizizwe Dlabathi, die burgemeesterskomiteelid vir finansies, het ʼn week gehad om die voorgestelde begroting aan te pas nadat dit op verlede Donderdag (11 Junie) se raadsvergadering afgekeur is.
The City of #Ekurhuleni budget did not go through again. Councillors voted in favour of the budget were 95 while 105 voted against it. MMC for Finance and Stragey, pic.twitter.com/yxQtYDxOvU
— CITY OF EKURHULENI (@City_Ekurhuleni) June 18, 2026
Denise Janse van Rensburg, VF Plus-raadslid in die Ekurhuleni-metroraad, sê die VF Plus het reeds gewaarsku dat die begroting op onrealistiese aannames, soos ʼn invorderingskoers van 90%, ʼn geprojekteerde oorskot van R1,523 miljard en voorgestelde oorbruggingsfinansiering van R500 miljoen, gebaseer is.
Janse van Rensburg sê die onlangse onthulling oor Ekurhuleni se elektrisiteitstariewe maak die voorgestelde begroting nou selfs minder geloofwaardig.
Maroela Media het vroeër vandeesweek berig die Ekurhuleni-metroraad het sy aansoek om kragtariewe vir 2024-’25 met minstens R13 miljard gelaai deur stawende inligting wat in die aansoek gebruik is te manipuleer.
ʼn Groep nyweraars sê Nersa, die energiereguleerder, het dit skynbaar net so laat deurglip, sonder om die syfers na te gaan.
Janse van Rensburg sê nou die VF Plus vind dit uiters problematies dat die raad gevra word om ʼn begroting goed te keur wat op elektrisiteitsinkomste steun, terwyl daar steeds onsekerheid bestaan oor die onderliggende tariefstruktuur.
“Die VF Plus wil weet waarom inwoners tariefverhogings van 11% vir water, 8,35% vir sanitasie, soveel as 9,01% vir elektrisiteit, 3,4% vir vullisverwydering en 2% vir eiendomsbelasting opgelê word terwyl miljarde rande steeds verlore gaan deur kragverliese en swak finansiële beheer.”
ActionSA het ook Donderdag teen die voorgestelde begroting gestem. Die party het nou al vier keer teen die begroting gestem.
Xolani Khumalo, ActionSA se burgemeesterskandidaat in Ekurhuleni, sê die ANC-geleide koalisie in Ekurhuleni kan ná vier probeerslae steeds nie ʼn begroting voorlê wat inwoners se belange prioritiseer nie.
Facts Only
* The Ekurhuleni-metroraad did not pass a 2026-’27 budget.
* The ANC-led coalition presented a proposed budget to the metroraad.
* VF Plus raised serious financial and regulatory questions regarding the proposed budget.
* Opposition parties cited unrealistic assumptions, including a projected collection rate of 90%.
* Projections included an estimated deficit of R1,523 billion and a request for R500 million in bridging financing.
* Concerns were raised about electricity tariffs and underlying tariff structures.
* The proposed budget faced scrutiny regarding information used in the application (e.g., electricity rates).
* 95 councilors voted in favour of the ANC-led coalition's budget.
* 105 councilors voted against the budget.
* Nkosindiphile Xhakaza and Jongizizwe Dlabathi were involved in adjusting the budget following the rejection.
Executive Summary
Full Take
Sentinel — Human
This analysis appears to be grounded in real-world political reporting, characterized by the aggregation of conflicting statements from various stakeholders regarding a financial proposal.
