Die polisie in Mpumalanga doen ʼn geregtelike doodsondersoek, nadat die liggame van ʼn 17-jarige meisie en 19-jarige man Maandag by ʼn lodge in Sabie aangetref is.
Die twee is geïdentifiseer as Cameron Waldeck-Cooks, ʼn graad 11-leerder aan die St. Stithians Girls’ College, en Ethan Coetzee, ʼn oudleerder van die Boys’ College wat verlede jaar gematrikuleer het.
“Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek, nadat ʼn man (19) en ʼn vrou (17) Maandag by ʼn lodge in Sabie dood aangetref is. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van hul dood vas te stel,” het kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, gesê.
Die presiese omstandighede rondom die twee jongmense se dood was nie dadelik duidelik nie.
Skool rou
St. Stithians het intussen huldeblyke aan Cameron en Ethan gedeel.
Cameron was sedert graad R by St. Stithians en was volgens die Girls’ College ʼn geliefde en gewaardeerde lid van die skoolgemeenskap.
“Cameron was ʼn toegewyde en passievolle roeier wat die respek van haar spanmaats en afrigters verdien het deur haar toewyding, deursettingsvermoë en liefde vir die sport.
“Sy was ʼn natuurlike leier en mentor vir talle jonger meisies in die roeiprogram en het dikwels die rol van ʼn ondersteunende ‘ouer suster’ vervul wat die mense om haar aangemoedig en geïnspireer het.”
Cameron word ook onthou vir haar vriendelikheid, warmte en vasberadenheid.
“Sy het die lewe met veerkragtigheid, stille krag en opregte omgee vir die mense om haar benader. Vandag treur ons gemeenskap oor die verlies van ʼn geliefde leerder, dogter, suster en dierbare vriendin wat deur almal geliefd was en met groot liefde onthou sal word.”
Die Girls’ College het ook sy innige meegevoel aan die Waldeck-Cooks-familie betuig.
“Ons hou hulle in ons gedagtes en gebede en staan langs hulle, en langs mekaar, terwyl ons treur oor die verlies van ʼn geliefde jong vrou wie se lewe soveel mense geraak het.”
Ethan het sy hele skoolloopbaan by Boys’ College voltooi. Die skool beskryf hom as ʼn jong man met krag, toewyding en nederigheid.
“Of dit nou in die klaskamer, op die rugbyveld, in ruitersport of deur diens aan ander was, hy het sy belangstellings met groot entoesiasme benader.”
Ethan het rugbykleure as lid van die eerste span ontvang en was ʼn nasionale kampioen in veldwedrenne. Hy was ook ʼn senior leerder in Penryn House en het volgens die skool jonger lede van die koshuis en sportspanne ondersteun.
“Ethan het ʼn natuurlike warmte en innemende persoonlikheid gehad wat mense na hom aangetrek en hom gehelp het om sterk vriendskappe te vorm. Hy het die vermoë gehad om ander selfvertroue te gee, hulle aan te moedig wanneer dit die nodigste was en die mense om hom te laat voel dat hulle raakgesien, gewaardeer en ondersteun word.”
St. Stithians het ook sy meegevoel aan Ethan se familie, vriende, sy matriekklas van 2025 en almal wat oor sy dood treur, betuig.
“Ons hou hulle in ons gebede en staan langs hulle, en langs mekaar, terwyl ons oor die verlies van Ethan treur.”
Die polisie se ondersoek duur voort.
Facts Only
* Police are conducting a legal death investigation in Mpumalanga.
* Two individuals died on Sunday at a lodge in Sabie.
* The deceased were identified as Cameron Waldeck-Cooks (17) and Ethan Coetzee (19).
* Cameron Waldeck-Cooks was a Grade 11 learner at St. Stithians Girls’ College.
* Ethan Coetzee was a former student of the Boys’ College who was matriculated last year.
* A post-mortem investigation will be conducted to determine the cause of death.
* St. Stithians shared tributes regarding Cameron's character and contributions.
* The Girls’ College expressed grief over the loss of Cameron.
* The Boys’ College shared reflections on Ethan’s character and positive influence.
Executive Summary
The police in Mpumalanga are conducting a legal death investigation following the deaths of a 17-year-old girl and a 19-year-old man on a lodge in Sabie on Sunday. The two deceased individuals were identified as Cameron Waldeck-Cooks, a Grade 11 student at St. Stithians Girls’ College, and Ethan Coetzee, a former student of the Boys’ College who was matriculated last year. A post-mortem investigation is underway to determine the cause of their deaths.
The school shared tributes for Cameron, describing her as a dedicated and passionate rower who was a natural leader and mentor, known for her resilience and kindness. The Girls’ College expressed deep sorrow for the loss of a loved student, daughter, sister, and friend. Ethan was described by the school as a young man with strength, dedication, and humility, who pursued his interests with enthusiasm and fostered strong friendships by offering support and confidence to others. The school also shared condolences with Ethan's family and friends.
Full Take
Sentinel — Human
The text appears to be a human-written report effectively blending official police information with deeply personal testimonials regarding the victims, indicating authentic journalistic work.
