Skip to content
Chimera readability score 44 out of 100, College reading level.

“Selfs ʼn jongmens word geken aan wat hy doen, uit sy optrede blyk of hy eerlik en opreg is.” (Spreuke 20:11)
Skrifgedeelte
Spreuke 20:11
Oordenking
Dade wat eerlik en opreg is openbaar jou karakter. Nie net wat jy sê nie, nie net jou voornemens nie, ook nie om ʼn meerderwaardige oordeel oor al die korrupsie van die dag uit te spreek nie. Maar wel jou dade. Elke dag se optrede. Ook daar waar niemand weet wat jy doen nie. Waar daar nie ʼn baas is wat oor jou skouer loer nie.
Waarom is daar so ʼn skaarste aan eerlikheid? Dit is so skokkend om telkens te hoor van nog ʼn skelmstreek wat aan die lig kom. Nog erger om uit die mond van “eerbare” mense (selfs goeie maats) te hoor dat die kortpad gekies word eerder as die eerlike roete. Dat omkopery of kul met jou belastingvorm se invul as “algemeen aanvaarbaar” beskou word.
Die wyse woorde van Spreuke laat ʼn mens besef dat die gebrek aan eerlikheid en opregtheid niks nuuts onder die son is nie. Hy som die mense van sy tyd so op: “Baie gee te kenne dat hulle getrou is, maar wie kan ʼn werklik betroubare mens vind?” (Spreuke 20:6). Hy waarsku teen “mate en gewigte wat nou sus en dan so is” (Spreuke 20:10). Die Here het ʼn afsku daarin! En ook die waarheid: “Besittings wat oneerlik verkry is, maak jou op die lang duur nie gelukkig nie” (Spreuke 20:21).
Wanneer hy oor die mens se dade skryf, vind ons hierdie groot wysheid: Selfs die jongmens word geken aan wat hy doen. Jou dade wys wie jy is, wat jou morele waardes is, eintlik nog dieper – wat jou verhouding met jou Here is. Ons Here is getrou en opreg, hou Hom aan sy woorde en beloftes, is gister en vandag en ewig dieselfde. So lei Hy ons op ons pad. Wanneer ʼn jongmens eerlik en opreg is, skitter sy dade daarvan.
Die ouers en voorgangers het so ʼn groot verantwoordelikheid om aan die jonger geslag deur woord en daad die eerlike pad te wys. Om met integriteit voor te loop. Om teen die stroom in keuses te maak vir wat in ons Here se oë korrek is. Getrouheid is ʼn vrug van die Gees. “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal” (Galasiërs 5:25). Ons gedrag, wat ons doen, kan tot eer van die Here wees, omdat Hy ons deur sy Gees die nuwe laat uitleef.
Hoe wonderlik is dit nie om jou te bevind in kringe waar die dade gekenmerk word deur waardes wat uit ʼn hart kom wat deur reinheid oorheers word. Kies jou vriende reg. Moedig mekaar aan om die reguit pad te loop. Wees mekaar se rentmeesters. Gee erkenning op plekke in ons gemeenskap, waar jy sien dat eerlikheid en getrouheid die botoon voer.
Jongmense en ouer mense se dade word deur ons Here gemeet aan wie Hy is en doen.
Gebed
Ons hemelse Vader, by U is daar opregtheid. Ons hoef nooit daaraan te twyfel nie. Ons dank U dat U ons die vrug van die Gees in ons lewens laat ervaar, wanneer ons dade van eerbaarheid getuig. Aan U die dank en eer daarvoor. En wanneer ons swig voor die ou natuur se begeertes, bid ons om krag tot bekering. Amen.
Pitkos
“Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees.” (Psalms 11:7)
- Hierdie kort oordenking is saamgestel deur dr. Callie Opperman (Emeritus, Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid). Dit vorm deel van Opperman se Manna en Kwartels vir die Gees wat in die Deo Gloria Kuberbrief Die oordenking word met toestemming van die skrywer op Maroela Media gepubliseer.

Sentinel — Human

Confidence

The text exhibits clear human authorship, characterized by a consistent theological voice, contextual nuance, and specific sourcing, rather than the uniform, detached structure typical of synthetic content.

Signals Detected
low severity: Varied sentence length and reflective phrasing (e.g., 'Dit is so skokkend,' followed by longer theological reflections). Not metronomic.
low severity: Strong, consistent thematic flow rooted in specific moral/theological principles. Demonstrates a clear personal voice and emphasis on spiritual reasoning.
low severity: Argument builds logically from scripture to personal reflection to communal action (parental responsibility, friendships). No verbatim talking points across multiple sources detected.
low severity: Specific historical/theological references (Spreuke 20:11, Psalms 11:7, Galatians 5:25) and specific attribution to a named source (Dr. Callie Opperman) suggest grounded human sourcing.
Human Indicators
Use of idiomatic Afrikaans phrasing and contextual theological references specific to a particular denomination.
Incorporation of a specific, named source (Dr. Callie Opperman) with explicit attribution regarding the quote's context.
A reflective, moral tone that weaves scripture into personal ethical demands rather than presenting objective data.