Die Boerepraatjies-program by die jaarlikse Karoo Winterwolfees lok altyd groot belangstelling.
Vanjaar het gesprekke van vertroue in die media tot tegnologie en die toekoms van landbou gewissel. Die spreekwoordelike goue draad was egter Suid-Afrikaanse wol wat in die afgelope jare van krag tot krag gegaan het.
Dan Kriek, die hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), ʼn organisasie wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier, het dit onomwonde gestel: “Suid-Afrika se wol kan met die beste ter wêreld meeding.”
Tóg het die fokus ook verskuif na kleiner boere en wie werklik namens hulle praat.
Dit was die hooftema uit die paneelgesprek tussen Johan Kotzé, uitvoerende hoof van AgriSA, Ivor Price, joernalis en stigter van Food for Mzansi en Pieter du Toit, assistentredakteur en hoof van ondersoeke by News24.
Price sê die landboubedryf is veel groter as slegs kommersiële boerdery en dat miljoene mense op verskillende vlakke tot voedselsekerheid bydra. Hy het ook reguit gepraat oor wat bestempel word as “mediakaping” deur groepe wat die indruk skep dat hulle namens alle boere praat.
“Die werklikheid is dat kleiner boere, waarvan daar meer as twee miljoen is, ʼn enorme bydrae tot voedselsekerheid lewer. Hulle is onsigbaar in die hoofstroommedia,” het Price gesê.
Kotzé het ook benadruk dat dit ʼn uitdaging is. “Die maklikste pad is om radikaal te wees, maar dit bou nie die land nie.”
Sy raad was dat boere hul krag moet put uit dit wat hulle die beste doen – om kos te produseer en as rentmeesters van die grond op te tree – eerder as om in vernietigende politieke moddergevegte op sosiale media betrokke te raak.
Du Toit het mense ook gemaan om lig te loop vir inligting op sosiale media wat dikwels ʼn doolhof van waninligting bevat.
Dít, gekoppel aan korrupsie wat op alle sfere van die samelewing ongekende afmetings aanneem, kan jou laat vergeet dat daar lig aan die einde van die tonnel is. Du Toit meen egter daar is tóg rede vir optimisme, nie net in die landbou nie.
Lees ook: Karoo-fees vier wonder van wol
Volgens hom is die ANC se absolute oorheersing oor die land se politiek finaal gebreek.
Hierdie politieke fragmentasie dwing ʼn nuwe era van pluralisme af, wat aan burgerlike samelewings, kiesers en die landbousektor aansienlik meer politieke mag gee as in die afgelope dertig jaar, meen Du Toit.
“Elke stem tel nou werklik. Die einde van ʼn eenpartymonopolie skep die politieke ruimte wat Suid-Afrikaners nodig het om self hul lot te bepaal.”
Terug na die grond
Die paneellede was dit eens: Om die toekoms van landbou te verseker, moet die bedryf self beheer neem van sy storie. In ʼn era waar sosiale media oornag van mense helde maak en hulle die volgende dag verguis, lê landbou se ware krag nie in die politieke arena nie, maar in sy generasies van uithouvermoë en sy onmisbare bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Kotzé het gesê georganiseerde landbou se opregtheid kom uiteindelik van produsente self.
“Die gesig van landbou is elke boer wat hier sit,” het hy gesê.
Facts Only
* The Boerepraatjies-program by the annual Karoo Winter Wool Festival draws interest.
* Discussions covered media, technology, and the future of agriculture.
* Dan Kriek, head of the National Wool Growers Association (NWKV), stated South African wool can compete globally.
* A panel included Johan Kotzé (AgriSA), Ivor Price (Food for Mzansi), and Pieter du Toit (News24).
* Ivor Price noted that agriculture is larger than commercial farming and contributes to food security.
* Price discussed groups labeling themselves as speaking for all farmers as "media shaping."
* Smaller farmers, numbering over two million, contribute significantly to food security but are often unseen in mainstream media.
* Johan Kotzé suggested the easiest path is radical action, which does not build the land.
* The advice given was for farmers to focus on production and stewardship rather than political conflict on social media.
* The political fragmentation following ANC dominance allows for more political power for civil society and farmers.
* Johan Kotzé stated that the face of agriculture is every farmer present.
