“Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.” (Romeine 8:37)
Skrifgedeelte
Romeine 8:37
Oordenking
Daar is soveel dinge wat vir jou as gelowige wil probeer onderkry.
In Romeine 8 word die stryd beskryf. Ook jy sal jou daarin kan inleef.
Die groot vraag is: Sal ek as oorwinnaar anderkant uitkom of nie?
So lyk die moeilike sake waardeur ons gekonfronteer word (Romeine 8:33-35):
- Die uitverkorenes van God word aangekla dat hulle swak is teenoor die magte van die wêreld, of maklik oorrompel kan word.
- Hulle word veroordeel dat hulle voorgee om goed te doen, maar dikwels verval in slegte dinge.
- Swaarkry of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard wil ons van Christus se liefde skei.
Dit is die werklikheid van ons elkeen se bestaan – om aangekla of veroordeel te word, om deur beproewing getoets te word.
Hoe verweer jy jou daarteen? Hoe bly jy staande? Ons put ons krag uit die oorwinning wat Christus behaal het.
Hy is aangekla van swakheid en leuens, maar het die teendeel bewys. Die geestelike leiers het Hom van laster beskuldig, omdat Hy gesê het dat Hy die Seun van God is. Aan die kruis is Hy uitgedaag: Red jouself, as jy die Seun van God is. Hy het egter die pad van die kruisdood enduit geloop, uit gehoorsaamheid aan die Vader. Maar nog meer! Hy het die dood oorwin en – nadat Hy vir mense se sondes die versoeningsoffer gebring het – as Heiland en Koning na die hemel opgevaar.
Al is ons nie volmaak nie en struikel ons gereeld oor versoekings, waarvoor ons veroordeel kan word, weet en glo ons dat Christus ons Verlosser is. Hy is die oorwinnaar, wat aan diegene wat Hom volg ook die oorwinning gee. Ter wille van Hom is daar vryspraak van sondeskuld. Deur die geloof kry ons deel aan die ewige lewe.
Swaarkry en beproewing wil ʼn wig tussen ons en God indruk. Maar dit sal nie slaag nie. Niks, geen moeilike saak, kan ons van sy liefde in Christus skei nie. Daarom kan ons met sekerheid en dankbaarheid bely: In Christus is ons meer as oorwinnaars!
Gebed
Ons Here en God, U is die almagtige, die ewige heerser, wat deur niks oorwin kan word nie. Versterk ons geloof dat ons uit genade ook deel het aan u oorwinning. Amen.
Pitkos
“Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning.” (Psalm 149:4)
- Hierdie kort oordenking is saamgestel deur dr. Callie Opperman (Emeritus, Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid). Dit vorm deel van Opperman se Manna en Kwartels vir die Gees wat in die Deo Gloria Kuberbrief Die oordenking word met toestemming van die skrywer op Maroela Media gepubliseer.
Facts Only
Actor: Believers, Jesus Christ
Events: Struggle, accusation, hardships, victory, salvation
Location: Unspecified (spiritual context)
Timeframe: Ongoing (implied by biblical reference)
Executive Summary
Full Take
In this article, the author interprets a biblical passage to offer solace to believers facing adversity. The portrayal of Christ as an overcomer serves as a source of strength for those who follow Him. However, it's important to consider that while the article presents a positive narrative, interpretations of religious texts can vary widely among different belief systems and individuals.
Patterns detected: ARC-0043 Motte-and-Bailey (the author portrays Christ as an overcomer but does not explicitly discuss potential obstacles in following Him).
By emphasizing Christ's victory, the article encourages resilience in the face of adversity. Yet, it's crucial to acknowledge that the path to such victory may not be straightforward for everyone, and belief itself can sometimes be a source of contention.
Questions for further reflection: What challenges might believers encounter when following Christ? How does the interpretation of religious texts impact individual and collective experiences? How do we foster understanding and respect across different beliefs systems?
