Pres. Donald Trump het gesê die VSA sal Iran “heeltemal vernietig” as hulle probeer of daarin slaag om die sittende president te vermoor.
“’n Duisend missiele is gereed, gelaai en gemik op die Islamitiese Republiek van Iran, met duisende meer wat onmiddellik sal volg, indien die Iranse regering sy dreigement uitvoer om die sittende president van die VSA te vermoor, of te probeer vermoor,” het Trump op sy sosialemediaplatform Truth Social geskryf.
“Bevele is reeds gegee, en die Amerikaanse weermag is gereed, gewillig en in staat om vir ʼn tydperk van een jaar, onderhewig aan verlenging, alle gebiede van Iran heeltemal af te maai en te vernietig,” het hy gesê.
Lees ook: Nuwe plan om Trump te vermoor; nog aanvalle in Gazastrook
Iran het egter Saterdag volgehou dat hy by “sy woord gehou het” rakende die skietstilstand met VSA, nadat Trump daarop aangedring het dat die skietstilstand verby is, maar dat hy ingestem het tot verdere onderhandelinge met Iran.
Alhoewel daar sedert verlede maand geen direkte gesprekke tussen Iran en die VSA was nie, het Iranse media berig dat ʼn afvaardiging van Katar in Teheran is.
“Die Islamitiese Republiek van Iran het ons gevra om voort te gaan met ‘gesprekke’. Ons het ingestem om dit te doen, maar die VSA het hulle onomwonde meegedeel dat die skietstilstand verby is,” het Trump gesê.
Abbas Araghchi, Iranse minister van buitelandse sake, het Saterdag teruggekap en daarop aangedring dat Teheran “tot dusver by sy woord gehou het, anders as die sogenaamde Amerikaanse tesourie-sekretaris wat paragraaf nege van die memorandum van verstandhouding oortree het”.
Dié paragraaf verwys na Iran wat “die huidige status quo van sy kernprogram sal handhaaf” en dat die VSA “geen nuwe sanksies sal oplê en bykomende magte in die streek sal ontplooi nie”, hangende ʼn finale ooreenkoms.
“Daardie oortreding volg op ander oortredings en foute deur die VSA,” het Araghchi bygevoeg.
Die VSA het Iran glo net tot Saterdag gegee het om aanvalle op kommersiële skepe in die Straat van Hormoes te staak en te bevestig dat die seestraat oop is.
Iran dring daarop aan dat hy die Straat van Hormoes, wat Iranse en Omaanse territoriale waters insluit, moet beheer en het gesê hy wil fooie hef vir skepe wat daardeur beweeg.
Hoewel die seestraat Omaanse en Iranse territoriale waters insluit, kan die twee kragtens internasionale reg oor die algemeen nie deurgang blokkeer of tolgeld hef nie.
Die VSA het die afgelope week uitgebreide aanvalle op Iran van stapel gestuur ná aanvalle op skepe in die seestraat, wat ʼn vlaag van vergelding teen Amerikaanse basisse in die Golf veroorsaak het.
Die Amerikaanse tesourie-departement het ook ʼn tydelike sanksievrystelling vir Iranse olie herroep en ʼn lisensie gekanselleer wat in Junie aangekondig is, waarvolgens Iran toegelaat is om ru-olie en verwante produkte tot 21 Augustus te produseer, te verkoop en af te lewer.
Araghchi sal Saterdag na Oman reis vir gesprekke oor die seestraat, het die amptelike IRNA-nuusagentskap gesê.
Facts Only
* Donald Trump stated one thousand missiles were ready and aimed at Iran, with thousands more following if Iran attempted to kill or try to kill the sitting US president.
* Trump claimed the US military was ready to completely cut off and destroy all areas of Iran for a period of one year, subject to extension.
* Iran followed its word regarding the ceasefire with the US.
* Abbas Araghchi stated that Tehran kept its word concerning the memorandum of understanding regarding the nuclear program and sanctions.
* Iran demanded control over the Strait of Hormuz and sought tolls for vessels passing through it, which includes Iranian and Omani territorial waters.
* The US ordered Iran to stop attacks on commercial ships in the Strait of Hormuz and confirmed the strait was open.
* The US imposed a temporary suspension of sanctions on Iranian oil and canceled a license in June, allowing Iran to produce, sell, and deliver crude oil and related products until August 21st.
Executive Summary
Full Take
Sentinel — Human
The text appears to be a report synthesizing high-level, conflicting statements regarding U.S.-Iran tensions, characteristic of journalistic reporting on geopolitical events.
