Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het misluk in sy poging om ’n R127,1 miljoen-kontrak vir persoonlike beskermende toerusting wat tydens die covid-19-pandemie toegeken is, tersyde te laat stel.
Die spesiale tribunaal het Vrydag die SOE se aansoek teen Beadica 423 CC met koste van die hand gewys en die ondersoekeenheid skerp gekritiseer oor gebreke in sy hantering van die saak. Die spesiale tribunaal hanteer siviele sake wat uit SOE-ondersoeke spruit en kan onder meer onregmatige staatskontrakte tersyde stel.
Die SOE wou toestemming hê om die geld wat volgens hom weens die kontrak verlore gegaan het, terug te vorder.
Regter Chantel Fortuin het egter bevind die SOE het nie bewys dat die kontrak tussen Beadica en die Gautengse departement van gesondheid onwettig was of dat die staat enige finansiële verlies gely het nie.
Die getuienis het volgens die uitspraak eerder getoon dat die kontrak die departement sowat R7,39 miljoen bespaar het.
Die kontrak is in April 2020, kort nadat die nasionale ramptoestand weens die covid-19-pandemie afgekondig is, aan Beadica toegeken.
Die SOE het aangevoer dat die departement se destydse finansiële hoof, Kabelo Lehloenya, nie die bevoegdheid gehad het om die kontrak alleen toe te ken nie en dat die besluit nie aan die Grondwet en geldende verkrygingsvoorskrifte voldoen het nie.
Die eenheid het ook beweer die kontrak was ’n skyntransaksie omdat die verbintenisbrief gedateer is voordat Beadica se geskrewe kwotasie ontvang is.
Beadica het egter aangevoer dat daar reeds vooraf telefoniese gesprekke en onderhandelings plaasgevind het, dat produkmonsters afgelewer is en dat daar reeds oor pryse en hoeveelhede ooreengekom is voordat die kwotasie op skrif gestel is.
Fortuin het bevind die tydsberekening van die dokumente was nie deurslaggewend nie, veral omdat die land destyds met ’n buitengewone noodsituasie te kampe gehad het. Noodverkrygingsmaatreëls het staatsinstellings in dié tyd toegelaat om van gewone mededingende tenderprosesse af te wyk.
’n Groot deel van die SOE se saak het volgens die tribunaal boonop op ontoelaatbare hoorsêgetuienis gesteun.
Die SOE-ondersoeker wat die beëdigde verklarings afgelê het, het na onderhoude met verskeie mense en bewerings oor gebrekkige beskermende toerusting verwys. Geen bevestigende verklarings van persone met eerstehandse kennis is egter ingedien nie.
Fortuin het dié getuienis gevolglik buite rekening gelaat.
Die tribunaal het die SOE ook gekritiseer omdat hy nie die volledige rekord van die besluit om die kontrak toe te ken, bekend gemaak het nie. Die eenheid het aanvanklik beweer dat geen rekord bestaan nie, hoewel die tribunaal bevind het dokumente was reeds in Oktober 2020 in die SOE se besit.
Maroela Media het in 2021 berig dat Beadica een van die ondernemings was wie se PPE-kontrakte deur die SOE ondersoek is.
Fortuin het bevind die SOE het die staat benadeel deur ’n saak met besonder swak vooruitsigte op sukses voort te sit en dit as ’n vermorsing van staatshulpbronne beskryf.
Die aansoek is met ’n streng kostebevel van die hand gewys, wat ook die koste van twee advokate insluit.
Facts Only
* The Special Inspectorate (SOE) failed in securing an R127.1 million contract for personal protective equipment during the COVID-19 pandemic.
* The Special Tribunal heard the SOE's application against Beadica 423 CC with costs.
* The Special Tribunal criticized the SOE for deficiencies in case handling.
* The Special Tribunal handles civil cases arising from SOE investigations, including irregular state contracts.
* The SOE sought to recover funds lost due to the contract.
* The court did not find that the contract between Beadica and the Gauteng Department of Health was unlawful or that the state suffered financial loss.
* Testimonies suggested the contract saved the department R7.39 million.
* The contract was awarded in April 2020, after the COVID-19 national emergency declaration.
* The SOE alleged the financial officer lacked authority to award the contract and that the decision did not comply with the Constitution or procurement procedures.
* The SOE also claimed the contract was a sham transaction due to the date of the letter of intent relative to quotations.
* Beadica asserted prior negotiations, product sample deliveries, and price/quantity agreements existed before formal quotations.
* The Tribunal found the documentation timeline not decisive due to the emergency situation allowing deviation from standard tender processes.
Executive Summary
Full Take
The narrative centers on a conflict between administrative actions during an extreme crisis and procedural correctness, where institutional bodies attempt to recover lost funds through legal channels. The SOE's pursuit of recovery highlights a tension between executive efficiency under emergency conditions and the strict adherence to public procurement law. The court’s finding that financial loss did not occur suggests a pragmatic assessment of the outcome versus the procedural dispute raised by the SOE.
The pattern observed is one of institutional friction where procedural integrity is weighed against expediency during high-stakes events. The argument that timing was not decisive due to emergency powers mirrors how systemic pressures often force deviations from protocol, suggesting that formal legal processes struggle to capture the reality of rapidly evolving operational needs. Furthermore, the focus on documented evidence versus alleged knowledge (the lack of first-hand testimony) illustrates a common challenge in accountability—where official findings rely on recorded documentation rather than direct experiential confirmation.
The implication is that when state actions are driven by emergency imperatives, judicial review must balance the intention of the action against formal legal requirements. The pursuit of transparency within these contexts requires assessing not just the final financial outcome but also the documented process and the institutional capacity to prove intent or deviation from procedure.
